Albert Luthuli

Albert Luthuli
Albert Luthuli
Albert Luthuli, omtrent 1960

President van die African National Congress
Ampstermyn
1952 – 1967
Voorafgegaan deur James Moroka
Opgevolg deur Oliver Tambo

Persoonlike besonderhede
Gebore ca. 1898
Bulawayo, Suid-Rhodesië
Sterf 21 Julie 1967
Stanger, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika
Politieke party African National Congress
Eggenoot/-note Nokukhanya Bhengu
Toekennings Nobelprys vir Vrede (1960)

Inkosi Albert Luthuli was 'n Zoeloehoofman, onderwyser, en president van die African National Congress en wenner van die Nobelprys vir Vrede in 1960.[1]

Luthuli is omstreeks 1898 in Bulawayo, Suid-Rhodesië, gebore. Hy ontvang opleiding as onderwyser aan die Adamskollege. Hy dien in die Naturelleverteenwoordigersraad totdat dit in 1946 afgeskaf word. Hy word president van die ANC in 1952, waarna sy verset teen die regering en sy aandeel in die openbare vernietiging van passe na die oproerigheid by Sharpeville daartoe lei dat hy in sy huis op Stanger ingeperk word.

  1. "The Nobel Peace Prize 1960" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Augustus 2018. Besoek op 6 Oktober 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search